Stad Whk stel maatskappye aan vir stadsparkering

The Brief berig dat Stad Windhoek twee privaat maatskappye, KeyPlot Investments en ChargeTech Namibia, aangestel het om parkering in die sentrale sakekern te bestuur. ChargeTech sal die parkering agter Stad Windhoek hanteer en het vandag bedrywighede begin. KeyPlot wou nie te veel inligting deel nie maar sal parkeermeters Bahnhoffstraat, Robert Mugabe-rylaan, Lazarettestraat, Jan Jonkerweg, Talstraat en Mandume Ndemufayo-rylaan bestuur. Die Town Square-parkering en die oop parkering oorkant die polisiestasie sal ook deur die maatskappy bestuur word. Afhangende waar parkering bekom word kan dit enigiets van 3 Namibiese dollar per uur kos, tot soveel as 8 dollar per uur. Stad Windhoek sê die sakekern is op die oomblik vol en dit dra by tot tekorte in beskikbare parkering.