Stad Whk soek stemme, kan nie diens lewer nie – SPYLFebruary 9, 2023

Die Swapo-party se jeugliga sekretaris Ephraim Nekongo, het ‘n beroep op Stad Windhoek se raadslede gedoen om grond en behuising aan inwoners te versnel. Hy vra ook dat owerhede ophou om wonings te sloop, omdat hulle eintlik verantwoordelik is vir die sogenaamde onwettige besettings. Hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle net stemme soek maar geen diens lewer nie.