Stad Whk misluk, weer
Die Windhoek Stadsraad kon vir ‘n tweede keer nie daarin slaag om sy ampsdraers-verkiesing af te handel nie en die verkiesing is uitgestel tot 8 Februarie, weens ‘n gebrek aan ‘n kworum asook geen nominasies vir die twee uitstaande komiteelid-posisies nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê die politieke partye in Stad Windhoek se plaaslike owerheidsraad is disfunksioneel nie effektief georganiseer nie, en dit het ‘n impak op die inwoners van Windhoek.