Stad Tshwane veroordeel fopnuus oor besmette water
Die Stad Tshwane distansieer homself van ʼn boodskap op sosiale media die rondte doen dat die metro se water besmet is en tifus-griep veroorsaak. Die plasing ontmoedig inwoners om kraanwater te drink en gee ʼn lys simptome van tifuskoors, asook voorsorgmaatreëls. Gauteng beleef tans ʼn watervoorsieningskrisis. Tshwane se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die inskrywing is vals en misleidend en waarsku inwoners om hulle nie aan fopnuus te steur nie.