Stad Tshwane skuld Eskom R1,6 miljard

Eskom het die departement van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede genader om te bemiddel oor die kwessie van die Stad Tshwane se skuld. Die bemiddelingsproses volg nadat die stad die tweede agtereenvolgende maand nagelaat het om sy uitstaande skuld te vereffen. ʼn Woordvoerder van Eskom, Amanda Qithi, sê die metro se skuld groei onverpoosd en Tshwane se rekening is 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand.