Stad Tshwane het nou 38 Covid-inentingsterreine

Die Stad Tshwane het nog sewe terreine vir inenting teen Covid-19 by die bestaande lys gevoeg om so die inenting van alle mense wat nou daarop geregtig is, ingrypend te versnel. Die jongste byvoegings bring die totale getal op 38 te staan. Die stad het nog ‘n weeklikse daling van meer as twee duisend aktiewe Covid-gevalle aangeteken. Volgens sy jongste verslag het die aktiewe gevalle tot die huidige 7 641 afgeneem. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê dit is nog ‘n beduidende weeklikse afname.