Stad sleep Kanime hof toe, soek sy verdienste sedert Mei ’20

Plaaslike media berig dat Stad Windhoek die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, hof toe sleep vir die terugbetaling van al sy inkomste wat hy in die pos sedert Mei 2020 verdien het. Dit sluit ook bonusse, en meer in. Die Stad sê hy is destyds onwettig aangestel. Die eis beloop 6,3 miljoen Namibiese dollar. Kanime het in Mei 2020 bedank maar die stadsraad, wat volgens berigte deur sy Swapo-meerderheid aangedryf is, het besluit om hom ‘n verdere drie jaar, tot Mei vanjaar, in die pos aan te hou. Hy het ook in Augustus 2021 ‘n hofaansoek gebring dat die Stad hom in die pos vir drie jaar hou, nadat die stadsraad gepoog het om hom te verwyder. In sy stukke sê die Stad dat die destydse voorsitter van die bestuurskomitee Moses Shikwa, nie die gesag gehad het om namens die raad, ‘n werksooreenkoms met Kanime te onderteken nie. Kanime verdedig die saak wat na verwagting Vrydag sal voorkom.