Stad Kaapstad: Plesierbootbedryf kan nóg groei
Die Stad Kaapstad sê die plesierbootbedryf kan nog meer groei en groot ekonomiese voordeel vir die stad en sy mense inhou. Altesaam 104 besoeke deur skepe, waaronder 26 plesierbote met meer as 195 000 besoekers, sal na verwagting in die komende 2022/2023-seisoen, vanaf Oktober, in Kaapstad se hawe aandoen. James Vos van die stad sê passasiers sal in totaal ‘n geraamde 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand per hawe-besoek bestee.