Stad Kaapstad lei baanbrekers-opleidingsprogramme

Stad Kaapstad werk saam met die Universiteit van die Wes-Kaap se Bestuurskool en die New Hope-opleidingsorganisasie om NQF-geakkrediteerde kwalifikasies vir die Uitgebreide Openbare Werkeprogram se Transversale Ondersteuningsprojek te verskaf. Die burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê dit is die eerste projek in die metro waar die rekrute van die universiteit-projek NQF-geakkrediteerde kwalifikasies kan verwerf deur hul deelname aan die program.