Stad Kaapstad heropen MyCiti-bushaltes
Stad Kaapstad se direktoraat vir stedelike mobiliteit heropen volgende week Saterdag MyCiTi se Grey- en Neptune-bushaltes weens die aanvraag vanaf passasiers. Die twee bushaltes was gesluit weens die Covid-pandemie en die gevolglike beperkings op beweging. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê hy glo die vraag sal aanhou groei, veral gegewe die koste van brandstof.