Stad Kaapstad bied opleiding aan entrepreneurs

Die Stad Kaapstad se departement van maatskaplike ontwikkeling nooi jong entrepreneurs om aansoek te doen vir deelname aan die jaarlikse #YouthStartCT-uitdaging vir entrepreneurs. Deelnemers sal die geleentheid kry om sakevaardighede te verwerf oor hoe om ‘n besigheid te begin en in stand te hou. Patricia van der Ross van die stad sê jong entrepreneurs van die stad tussen 16 en 35 met sakeplanne of met kleinsake-ondernemings van minder as drie jaar oud, kan vir die jaalikse kompetisie inskryf.