Stad Kaapstad bekommerd oor toenemende tiener-swangerskappe

Die Stad Kaapstad het kommer uitgespreek oor die toename in tienermeisies wat vir hul eerste besoek by voorgeboorteklinieke opdaag. Tussen Julie 2022 en Junie 2023 het 632 tieners tussen 12 en 17 jaar voorgeboorteklinieke besoek teenoor 355 die vorige jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die toename is in al die stad se gesondheidsdistrikte waargeneem.