Stad Johannesburg moet energiekrisis-oplossing voorrang gee

ActionSA in Johannesburg sê die oplossing van die energiekrisis in die stad en ‘n einde aan beurtkrag moet voorrang kry. Die stad het ‘n 20-jaar-plan met onafhanklike kragprodusente goedgekeur, wat gemik is op die vermindering van die impak van beurtkrag op sy kliënte en sakeondernemings. Mpumi Edward van ActionSA sê dis noodsaaklik om die energiekrisis op te los sodat ekonomiese groei kan plaasvind en inwoners se lewenskwaliteit kan verbeter.