Stad-gesteunde inisiatiewe wys waarde van sirkulêre ekonomie
Die Stad Kaapstad is terdeë bewus van die ekonomiese en omgewingswaarde van die sirkulêre ekonomie waardeur produkte hergebruik of herwin word in plaas daarvan om stortingsterreine op te vul. Dit is ‘n sektor wat volgens die GreenCape 2022 Afval-mark-intelligensie-verslag die potensiaal het om tot 5-miljard Suid-Afrikaanse rand se waarde tot die stad se ekonomie by te voeg. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad kan help om die sinergie tussen maatskappye en oor sektore heen te versterk.