Staatsrede: Waar’s die oplossings?
President Nangolo Mbumba het sy staatsrede in die Namibiese parlement gelewer. Tradisioneel is die staatsrede ‘n platform waar die president die regering se planne vir die jaar sal uiteensit, beide ekonomies en polities. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê dis kommerwekkend dat daar geen detail gegee is oor hoe die land se uitdagings getakel gaan word nie.