Staatsprokureur nie goed genoeg vir geskorste OB

Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het die staatsprokureur se dienste van die hand gewys, nadat haar nuwe regsverteenwoordiger verlede naweek in die hospitaal opgeneem is. Sy sê sy is nie ingelig toe haar prokureur se diens beëindig is nie en het haar eie regskenners aangevra. Mkhwebane voer aan die staatsprokureur se betrokkenheid hou ‘n botsing van belange in, aangesien die kantoor ook nou saamgewerk het met die Artikel 194-ondersoek. Sy meen die ondersoek na haar geskiktheid vir die posisie kan nie voortgaan tensy haar eie regsverteenwoordigers betrokke is nie.