Staatskapingverslag se aanbevelings oor Eskom moet geïmplementeer word
Die Instituut vir Rasseverhoudinge in die buurland sê hy het aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, geskryf om die dringendheid te beklemtoon van die implementering van aanbevelings in die staatskapingsverslag. Volgens die verslag gaan dit harde werk verg om die omvang van korrupsie by Eskom te oorkom. Mlondi Mdluli van die instituut sê beurtkrag sal erger word solank as wat die regering weier om die verslag se aanbevelings te implementeer, naamlik om waarde vir geld bo rasgebaseerde verkryging te stel: