Staatskaping was moontlik as gevolg van Zuma

Die Zondo-kommissie in die buurland dui aan dat oudpresident Jacob Zuma die staatskaping moontlik gemaak en bevorder het. Voorsitter Raymond Zondo skryf in sy eerste verslag Zuma het die Gupta-familie aktief gehelp om die staat te kaap ten koste van Suid-Afrika se mense. Hy sê die voormalige staatshoof het betrokke geraak by die werksaamhede van instellings soos die Inkomstediens en Eskom, en het oneerlike bewyse en fabels vertel wanneer hy getuig het. Zondo sê Zuma het ook ministers wat reeds oorlede is, vals beskuldig. Media berig Zondo het nog geen aanbevelings gemaak oor Zuma se moontlike vervolging nie, maar het aanbeveel dat hooffigure in staatskaping soos Brian Molefe, Tony Gupta en Dudu Myene van korrupsie aangekla word. President Cyril Ramaphosa sê hy en die regering sal eers reageer wanneer die laaste verslag teen einde Junie in die Parlement ter tafel gelê word. Hy sal dan ook planne uiteensit oor die inwerkingstelling van die aanbevelings.