Staatskaping: Presidensie sê daar is vordering

Die Suid-Afrikaanse kabinet het aangekondig vordering word gemaak met die uitvoering van die Zondo-kommissie se aanbevelings om diegene wat by staatskaping betrokke is, aanspreeklik te hou. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê 4,5 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die staat teruggekry en die Nasionale Vervolgingsgesag het daarin geslaag om bevriesingsbevele van 13 miljard rand te bekom.