Staatshuis verkies Top Score vir mieliepap – wat ‘n pluimpie!

Die spyskaart vir die vieringe vir Onafhanklikheidsdag bly in die nuus. Daar is berig oor die verskille tussen die kossoorte vir die BBP’s en Jan Alleman. Maar, dit is nie waaroor hierdie nuusstorie handel nie. Op die dokument wat deur Staatshuis uitgestuur is, en vir die BBP’s se kos, word daar melding gemaak van pap, maar nie net enige soort pap nie, Top Score van Namib Meulens word op die naam genoem. Dis reklame waarvoor mens eenvoudig nie kan betaal nie en ‘n pluimpie vir Meulens. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Ian Collard, uitvoerende hoof van die NMI-groep.