Staatsgreep in Gaboen, na verskiesing

‘n Groep senior Gaboenese weermagoffisiere het op nasionale televisie aangekondig hulle het die mag oorgeneem nadat die verkiesingskommissie bekend gemaak het President Ali Bongo het ‘n derde termyn gewen. Hy het 64,27 persent van die stemme op hom verenig teenoor die 30,77 persent van sy belangrikste teenstander, Albert Ondo Ossa. Die weermagoffisiere sê die verkiesing was nie geloofwaardig nie.