Staatsgedenkdiens vir wyle oudpresident FW de Klerk aan die gang in Kaapstad


Die staatsgedenkdiens vir die voormalige Suid-Afrikaanse president, F W de Klerk is in die Groote Kerk in Kaapstad aan die gang. Dit word volgens SABC bygewoon deur afgevaardigdes van die buurland seregering, politieke partye en ander belanghebbendes. Bywoning is beperk weens Covid-19-protokol. De Klerk, wat op 11 November in Kaapstad oorlede is, was ook ‘n adjunkpresident in oudpresident Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid. ‘n Klein groepie protesgangers is ‘n ent van die kerk af saamgetrek.