Staatsgedenkdiens Sondag vir wyle FW de Klerk

Die Suid-Afrikaanse regering het bekendgemaak dat die staatsgedenkdiens vir die voormalige President, FW de Klerk, Sondagoggend gehou sal word. Dit sal om half-elf in die Groote Kerk in Kaapstad begin. Die 85-jarige De Klerk is verlede maand by sy huis in Fresnaye aan longkanker oorlede. Weens die Covid-19-maatreëls, sal die bywoning beperk word.