Staatsdiensvakbonde betoog by Tesourie in Pretoria

Lede van staatsdiensvakbonde in Suid-Afrika het die ingange na die Nasionale Tesourie se kantore in Pretoria versper. Hulle eis dat die owerhede met vakbondhoofde vergader om die uitstaande loongeskil oor die 2022/23-salarisverhoging vir staatsamptenare op te los. Die woordvoerder van die polisievakbond Popcru, Richard Mamabolo, sê hul eis is deel van hul beplande massa-optrede wat op ‘n staking sal uitloop en wat mettertyd aangekondig sal word: