Staatsdiens werk net tot 10vm Vrydag

Die kantoor van die eerste minister het opdrag gegee dat alle staatsdienspersoneel tot Vrydagoggend om 10-uur sal werk, terwyl die land voorberei vir president Hage Geingob se roudiens en begrafnis. Die daaglikse inligtingsessie oor die staatsbegrafnis het vandag by die Staatsinligtingsentrum plaasgevind. Inligting-minister Emma Theofelus sê dat die regering van Angola 20 motors beskikbaar gestel het, en die regering van Botswana 45 motors en motorfietse, om vir die begrafnis te gebruik.