Staatsamptenare se eise is onvolhoubaar

Die staatsagentskap vir inligtingtegnologie in die buurland sê werkers se eise is onbekostigbaar. Werkers wat by die Staatsamptenare-vereniging geaffilieer is, staak en eis ʼn salarisverhoging van 7,5 persent plus nie-finansiële voordele terwyl die werkgewer 5 persent aanbied. Die agentskap is die regering se IT-diensverskaffer. Sy hoof van korporatiewe sake, Tlali Tlali, sê dis noodsaaklik dat die maatskappy finansieel volhoubaar bly: