Staatsamptenare kry hoër salarisse, voordele

Die regering en die vakbonde vir staatsamptenare het hul ooreenkoms oor gewysigde salarisse en voordele geteken. Die verhogings is effektief terugwerkend vanaf 1 April en sluit in ‘n 20 persent verhoging op behuisings- en vervoertoelae vir personeel onder die bestuurskader, en ‘n 8 persent verhoging vir die bestuurskader op die motorvoertuigtoelaag. Dit beteken ter illustrasie dat ‘n werker wat tussen 12 500 en 15 000 Namibiese dollar ‘n maand verdien, kom in aanmerking vir ‘n huislening van tot 1,08 miljoen dollar en ‘n behuisingsubsidie van 7 456 dollar ‘n maand. Die algemene sekretaris van die werkersunie vir staatsamptenare Napwu, Petrus Nevonga, het die voordele-aanpassings aangekondig.

Die salarisaanpassings sluit in ‘n 5 persent verhoging van personeel vanaf graad 13 tot 1. Nevongo het meer.