Staatsamptenare kry belasting-terugbetalings op 7 Oktober

Die finansministerie het staatsamptenare in kennis gestel dat hul belasting-terugbetalings op 7 Oktober gedoen sal word. Die ministerie sê hy het begin met die aanpassing van die nuwe belasting-kategorië op die betaalstaatstelsel, en sodra dit afgehandel is sal die terugbetalings gefinaliseer word. Die aangepaste belasting sal op hul betaalstrokies vir Oktober gereflekteer word.