Staat verskaf regshulp aan Amushelelo in Namica-saak
Die saak waar Namica Supermarkte die hoërhof vir ‘n interdik teen Michael Amushelelo vra, kom vandag weer voor na Amushelelo regshulp bekom het. Dit moes reeds vroeg in Julie afgehandel gewees het maar Amushelelo het toe besluit om regshulp aan te vra. Die saak kom na Amushelelo in April namens sy ongeregistreerde vakbonde, amok by Namica se winkel gemaak het. Daar word verwag dat hy verdediging sal aanteken wat die saak weer sal vertraag.