Staande komitees ‘rus’ tot April 2024

Die politieke jaar is afgesluit met gemengde sukses wat parlementêre sittings betref. Tydens die sluitingsfase moes ‘n aantal sittings afgelas word as gevolg van kworums wat nie gevul kon word nie. Met volgende jaar se presidensiële en algemene verkiesings in gedagte, kan daar verwag word dat dit ‘n besige politieke jaar sal wees. Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie staande komitee-verrigtinge sal eers na na April volgende jaar plaasvind.