Staak vertragings in listeriose-saak: ATM

Die African Transformation Movement is verontwaardig oor die gebrek aan aanspreeklikheid en geregtigheid vir die slagoffers van die listeriose-uitbreking. Tiger Brands se Enterprise Foods-fabriek in Polokwane is in 2018 geïdentifiseer as die bron van die uitbreking wat tussen 2017 en ’18 218 lewens geëis het. Ses jaar later moet die groepsgeding namens slagoffers en hulle gesinne nog in die hof aangehoor word. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, doen ‘n beroep op alle partye om die vertragingstaktiek te staak.