Staak SA Toerisme se sokker-borgskap  

Die minister van toerisme in die buurland, Patricia de Lille, het die SA Toerismeraad aangeraai om die omstrede voorgestelde Tottenham Hotspur-borgskap-ooreenkoms van 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand heeltemal te staak. Die minister het aan die raad geskryf en hulle gevra vir ‘n antwoord teen volgende Woensdag. Volgens De Lille is daar nie vir die borgskap begroot nie en die uitgawes sal dus onreëlmatig wees.