Staak Rafah aanval, beveel Internasionale Geregshof

Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om sy militêre aanval in Rafah te staak, weens onvoldoende ontruimingspogings om burgerlikes te beskerm. Dit volg ná Suid-Afrika se beroep vir strenger maatreëls. Die hof se bevel volg nadat die Internasionale Strafhof lasbriewe vir inhegtenisnemings vir Israelse en Hamas-leiers aangevra het weens beweerde oorlogsmisdade. Die Internasionale Geregshof se president, regter Nawaf Salam, sê Israel moet onbelemmerde toegang tot Gaza verseker vir enige ondersoek-liggaam van die Verenigde Nasies wat bewerings van volksmoord ondersoek.