Staak julle geweld, verkragters!
Die pa van ‘n 14-jarige dogter het haar na bewering in haar kamer aangerand terwyl sy geslaap het, en is van verkragting aangekla. Die saak is by die Omusati-polisie aanhangig gemaak. Die land steier reeds onder die groot aantal verkragtings wat aangemeld word, en dit blyk of verkragting van minderjariges toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rosa Namises, ‘n onafhanlike presidensiële kandidaat, wat ‘n boodskap gee aan verkragters.