Staak Israel-Palestina konflik, pleit SA kabinet
Die buurland se kabinet doen ‘n dringende oproep vir ‘n einde aan die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die internasionale reg is ernstig geskend sedert die begin van die konflik. Die sterftes sluit in minstens 2 808 Palestyne en 1 400 Israeli’s, met 286 soldate onder die sterftes. Die kabinet vra die internasionale gemeenskap om ‘n permanente veiligheidsoplossing vir die voortslepende konflik te vind. Ntshavheni sê die kabinet het ook ‘n beroep op Israel gedoen om humanitêre deurgange te open om die lewering van noodsaaklike hulp te vergemaklik: