SSC besoek Namibiese Landbou-unie

Ashley Araeb van die Maatskaplike Voorsorgfonds, SSC, het die Namibiese Landbou-unie vandeesweek die besoek om die unie te verwittig van hul aksies om kommunikasie met werkgewers te verbeter. Die SSC is tans besig om alle data oor te laai op ’n nuwe rekenaarprogram genaamd NetSuite, en vir die gemak van alle werkgewers gaan SSC opsioneel oorskakel na elektroniese kommunikasie met werkgewers. Die voordele hieruit vir boere sluit in rekeninge en aanslae sal per e-pos en SMS ontvang word; kwitansies vir betalings sal per e-pos en SMS ontvang word; en alle SSC-verwante kommunikasie sal elektronies gedoen kan word.