Sri Lanka se Jayasuriya vat 5 teen Nieu-Seeland

Krieket: Prabath Jayasuriya het vyf paaltjies geneem om ‘n oorwinning van 63 lopies te verseker op die laaste oggend van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Galle. Die Swartpette het ‘n teiken van 275 gejaag en is vir 211 uitgeboul, minder as 15 minute nadat spel vandag hervat is. Rachin Ravindra met 92 het die beste met die kolf gevaar. Jayasuriya het nege paaltjies in die wedstryd laat kantel met vyf vir 68 in die tweede beurt. Die tweede en laaste wedstryd in die reeks vind van Donderdag af ook in Galle plaas.