Sri Lanka maak T20-reeks teen Protea-vroue gelyk

Krieket: Die Proteas-vrouespan het hulle ongestelde kaptein Laura Wolvaardt in die tweede T20 gister teen Sri Lanka in Potchefstroom gemis. Die besoekers het ‘n sewe-paaltjie-oorwinning behaal om die reeks van drie wedstryde een-elk gelykop te maak. Die Proteas het die eerste kragmeting in Benoni oorheers. Hulle het gister 84 vir twee teen die halfpadmerk bereik maar tot 138 vir agt teruggesak. Die Sri Lankane het die teiken met sewe balle oor gehaal. Die laaste wedstryd word Woensdag in Oos-Londen beslis.