Sri Lanka kla oor behandeling by T20-Wêreldbekertoernooi

Krieket: Sri Lanka het by die Internasionale Krieketraad beswaar aangeteken oor die behandeling van sy T20Wêreldbekerspan, asook behandeling deur die medegasheer, Amerika. Die minister van Sport, Harin Fernando, beweer ander spanne is beter daaraan toe en sê Sri Lanka het formeel beswaar gemaak nadat sy span se vlug sewe uur lank op ‘n lughawe in Florida opgehou is. Hy sê ook Sri Lanka se verblyif in New York is meer as 90 minute se ry van die oefenstadion, terwyl Indië se span veel nader tuisgaan.