Sri Lanka dank krieket-beheerliggaam af
Krieket: Sri Lanka se treurmares op die Wêreldbekertoernooi het daartoe gelei dat die beheerliggaam afgedank is. Die span kon tot dusver net twee van hulle sewe wedstryde wen en ondersteuners was veral ongelukkig met Donderdag se nederlaag van 302 lopies teen die gasheer, Indië. Die minister van Sport, Roshan Ranasinghe, het die raadslede Vrydag gevra om te bedank, waarop die sekretaris van Sri Lanka Krieket, Mohan de Silva, Saterdag bedank het. Ranasinghe het die oorblywende raadslede vandag laat gaan en die kaptein van 1996 se kampioenspan, Arjuna Ranatunga, as die voorsitter van ʼn tussentydse komitee aangewys.