Sri Lanka boul Proteas uit vir 191

Krieket: Suid-Afrika se terugvegpoging het op 191 geëindig op die tweede oggend van die eerste toets teen Sri Lanka in Durban. Die gashere was in die moeilikheid op 80 vir vier toe reën spel gister teen etenstyd onderbreek het. Kaptein Temba Bavuma het vandag die aanslag gelei en 70 lopies aangeteken. Hy is goed bygestaan deur Keshav Maharaj met 24 terwyl Kagiso Rabada flink 15 lopies geslaan het. Asitha Fernando en Lahiru Kumara het elkeen drie paaltjies laat kantel en Vishwa Fernando en Prabath Jayasuriya elk twee.