Sri Lanka blyk om beheer oor Proteas te hê

Dit lyk of Sri Lanka gister beheer oorgeneem het in die tweede toets teen die Proteas op St Georgespark in Gqeberha. Pathum Nissanka se 89 was die hoeksteen van Sri Lanka se goeie antwoord, maar hy het ‘n toetshonderdtal misgeloop toe Keshav Maharaj hom uitgeknikker het. Suid-Afrika is uitgeboul vir 358, met ‘n eerste toets hondertal vir Kyle Verreynne op sy tuisgrond. Sri Lanka is 116 lopies agter met Angelo Matthews en Kamindu Mendis wat vanoggend spel hervat op 242 vir 3.