SPYL sê NSFAF moet hersien word

Die Swapo jeugliga sê die struktuur en salarisstaat van die Namibiese studente hulpfonds moet dringend hersien word. Die liga se sekretaris-generaal Ephraim Nekongo sê die organisasie se prosesse moet meer vaartbelyn wees om hom meer doeltreffend te maak. Nekongo sê salarisse by die instansie behoort ook nie op korperatiewe vlakke wees nie, veral omdat die fonds gestig is om studente by te staan. Die fonds het onlangs kritiek uitgelok omdat hy ses maande na die akademiese jaar begin het, eers die name van begunstigdes bekend gemaak het en verder, net meer as 16 000 studente uit 23 000 aansoeke was befonds.