SPYL sal nie onmiddellik debat oor gay-huwelike ter tafel lê nie

Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy sessie na hy op 28 April in reses gegaan het. Na die hooggeregshof beslissing oor die erkenning van buitelandse eggenote in gay-huwelike, het die Swapo-jeugliga skerp kritiek gelewer en onderneem om die kwessie in die parlement te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van die jeugliga, Ephraim Nekongo, gepraat oor of daar sulke planne vandag is.