SPYL lei sy leiers op

Die Swapo-jeugliga se sentrale komitee se leierskapinduksie vind vanmiddag en die naweek op Swakopmund plaas. Sophia Shaningwa, die sekretaris-generaal van die party, sal die liga toespreek. Die doel van die byeenkoms is om nuwe streekleiers op te lei oor wat hul verantwoordelikhede in die party is en hoe die politieke stelsel werk. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die liga gesels.