SPYL lei optog vir Palestina

Die Swapo Party Jeugliga sal môre ‘n optog in Windhoek lei om solidariteit met die mense van Palestina te betoon. Die Israel-Palestynse konflik het tienduisende lewens geëis en miljoene mense ontheem. Die optog sal by Zoo Park begin en na die Verenigde Nasies se kantore gaan, waar hulle ‘n petisie sal oorhandig wat ‘n vreedsame resolusie versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van Spyl, gesels. Nekongo sê dat almal dit moet bywoon, van alle partye, want dit is dalk nie vandag jy wat ly nie, maar dalk môre.