SPYL is vies oor beslissing oor gay-huwelike

Die Swapo-jeugliga sê hy is diep teleurgesteld in die beslissing van die hooggeregshof dat huwelike van die dieselfde geslag wat in die buiteland aangegaan is deur die regering erken moet word. Die liga sê die beslissing ondermyn Namibië se soewereiniteit en onafhanklikheid en verteenwoordig nie die standpunt van die meerderheid landsburgers nie. Die liga sê die regering moet intree en wetgewing daarstel wat die land se standpunt teen die LGBT-leefstyl uitspreek. Die liga is natuurlik magteloos omdat die Namibiese regering op drie bene rus – die regbank, die wetgewer en die kabinet. Elke been is onafhanklik en dus sal die hof se uitspraak staan.