Springbokke wen Rugbykampioenskap-titel

Die Springbokke het die Rugbykampioenskap gewen na ‘n 48-7 loesing van Argentinië se Los Pumas in die Mbombela-stadion. Dit was die eerste keer dat hulle die titel ingepalm het na hul sege in 2019, toe die kampioenskap weens die Covid-pandemie verkort was. Suid-Afrika het net een van hul wedstryde verloor, teen die Pumas in Argentinië. Die Bokke was boaan die punteleer met 24 punte na 6 wedstryde, met die All Blacks tweede op 16 punte, die Pumas derde op 14 punte en Australië laaste met 5 punte.