Springbokke staan voor grootste Wêreldbeker-toets
Rugby: Die Springbokke kom vanaand te staan voor hulle grootste toets in vanjaar se Wêreldbeker wanneer hulle die wêreld se nommer een-span op die ranglys, Ierland, in wat beskryf word as ‘n mini-eindstryd pak. Ierland en Suid-Afrika is albei tot dusver onoorwonne in die toernooi en beide word beskou as moontlike 2023-kampioene. Bongi Mbonambi draf om nege-uur vanaand op die veld in die plek van die beseerde Malcolm Marx. In vandag se ander twee wedstryde meet Georgië en Portugal van twee-uur af kragte en Engeland sê Chili om kwart-voor-ses die stryd aan.