Springbokke skepties oor Wallabies-stutte se beserings in Perth

Rugby: SA Rugby het Wêreldrugby gevra om ondersoek in te stel na die beserings aan twee Wallabies-stutte wat gelei het tot onbestrede skrums vir die grootste deel van die tweede helfte van hulle Rugby-kampioenskaptoets in Perth. Angus Bell het na rustyd nie teruggekeer nie weens ‘n kopbesering-beoordeling, terwyl James Slipper ook afgehaal is na ‘n stamp teen die kop – minute nadat die Bokke se reserwes opgedraf het. Die Springbokke is na wat berig word skepties oor die geldigheid van die beserings wat een van die span se groot troefkaarte geneutraliseer het.